Gelofte is n Belofte Onbreekbaar |
Vrede vir my VolkVrede vir my volk, vryheid vir my vaderland, vrede en vryheid van die Heer my God op wie ek vertrou. Voorspoed vir my volk en gesondheid vir my land, oorwinning in die stryd en genesing vir jou wonde in Jesus, die God van hoop en blydskap, wie ons loof en aanbid. Vrede in jou grense, vryheid vir jou mense, vrede van jou vrese en vryheid in jou denke. Voorspoed in handel en gesonheid in jou wandel.Vrede en geen teenspoed. Eendrdrag staan ons saam en met eenmag bou ons die land. Swart en wit ons gee dit goud, en met God se mag maak ons dit n reenboog land.
3 Bybelse WONDERWERKE in Suid Afrika. No1. Die Voortrekker Monument: 460 Voortrekkers veg teen n oormag gevreesde Zoelo krag en verslaan die vyand met die hulp van God se hand net ssos God Gideon en 300 makkers teen n oormag oorwinnend gemaak het. Loof die Here No 2. God vat n man uit die tronk en maak hom n leier van n volk. Madiba net soos Josef in Egipte stap uit die gevangenis tot in die konings paleis om te regeer. God het n man wat in die skoene sal volg en die nasie weer op die pad van geregtigheid sal lei. Hallelujah No 3. Christiaan Barnard maak die wereld se eerste harts oorplanting net soos God in die hart van klip uithaal en n hart van vlees inplant. Drie wonderwerke in die bybel en ook in my land end volk Suid Afrika. Vergeet nie Geloftedag nie. Hy is die God van wonders, van bliksemstraal en donders. Daniel in die leeukuil, Jona in die walvis, Noag en die vloed, David en Goliat, jou sondag skool lering: Die weg van wysheid en geloof tot bekering vir alle volke, nasies en tale. Want God is n God van liefde, dis die boodskap van Golgotha. Geslaan vir ons sonde, sy gesig onherkenbaar, en die wonde van lopend met bloed onskuldig, hang hy geskaamd aan die kruis, tot die dood hom gruip en ter helle daal. Maar God ons Vader het hom in geregtigheid verlos toe hy opgestaan uit die dood, vir jou wat glo hoop, blydskap, en genade weder gebore, gedoop en vervul met Sy Gees. Lewe in oorwinning, geanker in God se Woord. Maar smart en veroordeling, die wurm en die vuur vir hom wat in duisternis wandel, en nie bekeer van sy sonde en ongeloof. Kom nou en laat ons redeneer, al is jou sonde swart soos die nag, sal Hy dit wit was soos die sneeu op die Drakensberg. Glo net in jou hart die evangelie van verlossing, en bely net met jou mond dat Jesus is die Here, en jy ook sal vir ewig lewe. Die Gelofte Steen as n baken van hoop en geloof in God alleen. Eendracht mak macht, tweedracht breekt kragt...n volk wat magteloos staan omdat hulle vergeet het waar hulle hulp vandaan kom. Wie is jy o mens wat praat asof jy mag het om jou uit di hande van di dood te bevry. Jy maak staat op jou perde en gewere maar het vergeet dat die Naam van di Here sy mense bevry. Die bonatuurlike stryd van geloof en hoop Of het jy vergeet die vreedsame oorgawe van regering in 1994, toe almal skreeu..moord en dood en bloed wat gaan vloei. Of het jy gemis hoe selfs daai jeugleier uitgewerp is van leierskap? Hoe is dit dat jy dink God het geen hand in jou volk en vaderland? Hoe is dit dat jy net swart sien en die lig van God se werk onder al die nasies en volke nie. The Cry of my people without a Shepherd but not without faith and hope. Dis 'n Gelofte van Bybelse Krag, Moed en Daad. Ja, n Gelofte met generasie seëninge vir families wat glo en gehoor gee aan God en Sy Woord. 'n Gelofte van Herinneringe. Onthou jy nog die geskiedenis. Kan jy sien Afrikaner, of is jy blind van haat, hoe die lewende God, heilig en almagtig, jou voorsade verlos het van die vreeslose Zoeloe krygers. Onthou jy hoe God 'n skild teen die assegaai was, en sy engele 'n laer van beskerming getrek het om die 300 manne, vroue en kinders vol van geloof en hoop in God wat red, teen die veg gerede Impies. Dit is vol betekenis en wysheid. Hou jou geweer in die een hand en God in jou hart. Sit jou vertroue in Hom wat mag het oor vlees en bloed. Die gelofte herinner ons aan Psalm 91. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Die gelofte gee on hoop vir die toekoms. Moenie vrees nie. Jy glo in God glo ook in My se Jesus. Ek gaan om vir jou n plek voor teberei. As dit nie so was nie sou ek jou se. Maar nou gaan ek en ek sal terug kom om jou te kom haal. Waak en bid, want jy ken nie die tyd nie. Sien o afrikaner die tekens van sy koms is op ons. Hou moed end bid dat jy waardig geag mag word om die wraak van God wat kom te kan ontsnap. Kyk op want jou verlossing kom van bo en jy het n vaderland maar dit is nie van die wereld nie. Die bouer en maker van die stad waarna jy soek is God homself. Wees sterk en hou moed want jou Vader weet wat jy nodig het. Laat jou hart rustig word en laat sy vrede wat alle verstand te bowe gaan jou lei na waters waar daar rus is. In Sy teenwoordigheid sal jy jou vrede vind. Vrede vir jou my volk, vrede en genesing van jou wonde in Jesus naam. Hy is die Redder vir alle nasies, volke en tale. Bekeer jou van jou ongeloof en keer terug na die God wat konings se harte draai soos Hy wil. Roep Sy naam aan want jy het gesondig in jou hart en jou wee. Jou mond is vol onhuil en jou oe blind van haat, maar in Jesus Christus is daar vergifnis en lewe. Hoop ni in di hand van vlees ni, maar maak Jesus jou verlosser en Hy sal jou red uit al jou nood en uit elke gevaar. Vandag het God met jou gespreek dat jy jou sal bekeer en laat jou doop sodat jou sondes jou verwyder sal wees. Gaan 16 Desember en sien die hoop van God wat staan as n monument vir jou en jou nageslag wat sal glo. En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; nie een van hulle sal voor jou stand hou nie. Toe het Josua met die HERE gespreek, en voor die oë van Israel gesê: Son en maan staan stil. Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag. En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie, want die HERE het vir Israel gestry. Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer. http://www.vanbruggenpreken.nl/PDF1/preek.php?id=194&id1=0&size=3 Bid vir mekaar dat julle genees kan word en vergifnis kan ontvang. https://www.youtube.com/watch?v=sjctCnSF7mM&list=PL1kFxiSCUOzeV56sBTioNImJptYBq8dVD&index=3 Afrikaner kan jou God jou red en jou land genees? Ja my broer God kan. As my volk homself verneder in plaas van die vyand, hom bekeer van sy sonde en trots en My naam aanroep sal ek hoor en antwoord met genesing. Mense maak beloftes en hou dit nie maar God kan nie lieg nie. Sy woord is die waarheid. https://www.youtube.com/watch?v=N0OwmkQ3jEM&index=8&list=PL1kFxiSCUOzeV56sBTioNImJptYBq8dVD Photos: by Mitchell Krog en ander. Dankie vir jul bydra. God seen. PRYS DIE HERE WANT VANDAG HET HY WONDERS GEDOEN. PRYS HOM EN ONTHOU DIE HERE JOU SKEPPER. ONTHOU SY VERLOSSING WAT HY GEE AAN SY KINDERS WAT IN HOM GLO. ONTHOU DIE HERE EN VREES HOM WAT HEMEL EN AARDE GEMAAK HET PRYS DIE NAAM VAN JESUS. VREDE VIR MY VOLK EN GENESING VIR MY VADERLAND IN JESUS NAAM. AMEN https://www.facebook.com/notes/andre-cronje/gelofte-vir-volk-en-vaderland/1171116756251407 Vrede vir my volk, vryheid vir my vaderland, vrede en vryheid van die Here,die Here my God op wie ek vertrou. Voorspoed vir my volk en gesondheid vir my vaderland, voorspoed en gesondheid in die naam van die Here, die Here Jesus wie ek loof en aanbid. Vrede in jou grense, vryheid vir al jou mense, vrede van jou vrese en vryheid in jou denke. Voorspoed in hand en gesonheid in jou land, voorspoed met jou handel en gesondheid in jou wandel. Vergeet nie die Geloftedag, die God van wonders, van bliksemstraal en donders. Daniel in die leeukuil, Jona in die walvis, Noag en die vloed, David en Goliat, jou sondag skool lering: die weg van wysheid, geloof tot bekering. Want God is n God van liefde, dis die boodskap van Golgotha geslaan vir jou sonde, gebloei aan die kruis ter helle veroordeel, in geregtigheid verlos opgestaan uit die dood, vir jou wat glo hoop, blydskap, en genade weder gebore, gedoop en vervul met Sy Gees. Lewe in oorwinning, geanker in Sy woord. Maar smart en veroordeling, die wurm en die vuur vir hom wat in duisternis wandel, en nie bekker van sy sonde en ongeloof. Kom nou en laat ons redeneer, al is jou sonde swart soos die nag, sal Hy wit maak soos die sneeu. Glo net in jou hart die evangelie van verlossing, en bely net met jou mond dat Jesus is die Here, en jy ook sal vir ewig lewe.. |